# Rugby: Die Springbok-staatmaker Manie Libbok keer terug van ’n lang besering en dra die Stormers se nommer tien-trui in hulle laaste Verenigde Rugbykampioenskaps-ligawedstryd Saterdag teen die Walliese span Cardiff in Kaapstad. Hy neem oor by sy jong nasionale spanmaat, Sacha Feinberg-Mngomezulu, wat op die bank begin. Damian Willemse skuif van senter na heelagter waar hy Warrick Gelant vervang, wat ‘n ruskans kry. Suleiman Hartzenberg en Leolin Zas is die vleuels.
Rugby: Manie begin op losskakel met Sacha op die bank vir Stormers teen Cardiff