# Rugby: Leinster het hul 2026 Verenigde Rugbykampioenskapstitel behou met ‘n oorheersende 36-7 oorwinning oor die Bulle op ‘n volgepakte Croke Park-stadion in Dublin gisteraand. ‘n Vroeë geel kaart vir die Bulle het die tuisspan die geleentheid gegee om die wedstryd te oorheers en hul het in die eerste helfte ‘n 22-0 voorsprong gehad danksy drieë deur Tommy O’Brien, Rieko Ioane en Jack Conan. ‘n Drie deur Ruan Nortje is nie toegelaat nie weens ‘n vorentoe-aangee en die Bulle se enigste punte het gekom van Canan Moodie se drie wat deur Handré Pollard verdoel is.
Rugby: Leinster behou VRK-titel met ‘n oorheersende oorwinning oor die Bulle