# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus se hoofafrigter, Andy Farrell, verwag vandag ‘n baie taaier wedstryd teen die Reds in Brisbane nadat hulle Western Force 54-7 afgeransel het in Saterdag se eerste toerwedstryd in Perth. Farrell sê hulle moet aanpasbaar wees met nege wedstryde binne vyf weke, insluitend drie toetse teen die Wallabies. Die Reds word afgerig deur Les Kiss, wat volgende jaar oorneem by die Wallabies. Farrell sê dis ‘n skitterende span en sal altyd goed voorbereid wees waar Kiss betrokke is.
Rugby: Leeus se afrigter verwag vandag baie taaier wedstryd teen Reds