Skip to content

Rugby: Kwagga Smith volgens berigte op pad terug na Suid-Afrika nadat hy sy loopbaan in Japan beëindig

# Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith is volgens berigte op pad terug na Suid-Afrika na die beëindiging van sy kontrak met die Japannese klub Shizuoka BlueRevs. Die klub het sy vertrek vanoggend aangekondig na ‘n onderlinge ooreenkoms. Die 33-jarige Smith het in 2018 na Japan verhuis nadat hy die Leeus verlaat het. Die Bulle se hoofafrigter, Johan Ackermann, het bevestig hy stel in Smith belang. Hy wil ook die dienste bekom van die Bok-haker Malcolm Marx, wat tans vir Kubota Spears in Japan speel.