Skip to content

Rugby: Kolbe se terugkeer na Kaapstad word bevestig

# Rugby: Die blitsvinnige Springbok Cheslin Kolbe se terugkeer na Kaapstad is bevestig. Die 32-jarige veelsydige agterspeler het in 2017 die Stormers vir die Franse span Toulouse verlaat, en in 2023 verhuis na Japan. Die boorling van Kraaifontein in die Moederstad het in 2018 sy buiging vir Suid-Afrika gemaak en sedertdien 49 toetse gespeel en 136 punte aangeteken. Kolbe het sy span, Tokyo Suntory Sungoliath, bedank omdat hul sy tyd in Japan spesiaal gemaak het. Hy sluit begin Julie by die Stormers aan.