# Rugby: Kaptein Ardie Savea gaan nie deelneem aan die eerste twee weke van die All Blacks se toer in Suid-Afrika nie. Afrigter Dave Rennie verduidelik hy speel en oefen reeds ononderbroke sedert Januarie verlede jaar en daar is besluit om hom ‘n welverdiende blaaskans te gee. Save sal eers na Suid-Afrika reis kort voor die eerste toets teen die Springbokke op Ellispark op 22 Augustus. Cody Taylor sal intussen die span aanvoer. Die toer begin volgende Vrydag in Kaapstad teen die Stormers.
Rugby: Kaptein Savea gaan die eerste twee weke van die All Blacks se toer in Suid-Afrika misloop