# Rugby: Luan Giliomee begin Saterdag op heelagter vir die Haaie-vyftiental in hulle Curriebeker-kragmeting met die Stormers-23 in Kaapstad. Hy is een van die Durbanse span se vier Junior Springbokke wat hulle Onder-20-Wêreldbekerkampioenskapstitel suksesvol verdedig het. Die ander drie, Khuthi Rasivhaga, Liam van Wyk en Rambo Kubheka, is op die bank vir die besoekers wat deur Thomas Dyer gelei word. Die Haaie is vyfde op die punteleer en die Stormers sesde na albei gemengde uitslae gehad het in die eerste twee rondes.
Rugby: Junior Bok-ster Giliomee begin vir die Haaie in hulle Curriebekerwedstryd teen die Stormers