# Rugby: Die voormalige Springbok- en Bulle-afrigter Jake White is bevestig as Fidji se hoofafrigter wat die span van die Stille Oseaan-eiland na volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Australië sal lei. Die 62-jarige, wat die Bokke in 2007 na Wêreldbeker-triomf gelei het, het ook spanne soos die Brumbies, die Haaie en Montpellier afgerig. Die voorsitter van Fidji se beheerliggaam, John Sanday, sê White verstaan wat nodig is om ‘n Wêreldbeker-wenspan te bou, en sy ervaring, leierskap en kampioensmentaliteit is presies waarna hulle op soek was.
Rugby: Jake White as Fidji se nuwe hoofafrigter aangestel