Skip to content

Rugby: Italiaanse slot vir vier wedstryde geskors na kopstamp op All Black-skrumskakel

# Rugby: ‘n Italiaanse slot is vir vier wedstryde geskors vir vuilspel in verlede naweek se Nasieskampioenskapswedstryd teen die All Blacks in Wellington. Niccolo Cannone se geelkaart vir ‘n kopstamp op die Nieu-Seelandse skrumskakel Cam Roigard is na hersiening opgradeer na rooi, waarna die Azzurri vir 20 minute met 14 spelers moes speel en uiteindelik 47-17 verloor het. Die kompetisie se vuilspel-hersieningskomitee het bevind die oortreding regverdig ‘n skorsing van ses weke of ses wedstryde, maar dis tot vier verminder as gevolg van versagtende omstandighede.