Skip to content

Rugby: Ierland verpletter Portugal en verbeter rekords

# Rugby: ‘n Begeesterde Ierland het gister 16 drieë gedruk en ‘n tweedevlak Portugal met 106-7 in ‘n vriendskaplike wedstryd in Lissabon verpletter. Dit was die grootste oorwinning in hul 150-jarige bestaan en ook die eerste keer dat hulle meer as 100 punte aangeteken het. Die verskil van 99 punte oortref hul vorige beste toe hulle in 2000 die Verenigde State met 83-3 geklop het. Hulle het ook nog nooit 16 drieë in ‘n wedstryd gedruk nie. Ierland het elf verskillende puntemakers gehad. Met die strafdrie uitgesluit, het vleuel Tommy O’Brien en agtsteman Cian Prendergast beide twee keer gedruk.