Skip to content

Rugby: Giliomee kan Saterdag sy buiging vir die Bulle maak teen Stade Francais

# Rugby: Die Bulle se jongste aanwins, die Junior Springbok-ster Luan Giliomee, sal na verwagting Saterdag sy buiging vir die span maak in die Kampioenebeker-openingswedstryd teen Stade Francais op Loftus. Die 20-jarige het verlede week na Pretoria verhuis nadat sy kontrak met die Haaie verstryk het. Die veelsydige agterspeler is as losskakel benoem vir die kompetisie, saam met die Springbokke Handré Pollard en Curwin Bosch, maar kan ook maklik in die plek van die veteraan-Bok Willie le Roux op heelagter speel.