Skip to content

Rugby: Gemengde welslae vir SA spanne in VRK-wedstryde

# Rugby: Alhoewel die Stormers onoorwonne bly in die Verenigde Rugbykampioenskap nadat hulle die naweek die Walliese span Scarlets met 34-0 verslaan het, was die ander Suid-Afrikaanse spanne nie so gelukkig nie. In Belfast het ‘n begeesterde Ulster-span die Bulle gisteraand met 28-7 afgeransel, die Haaie het met 31-5 teen Leinster verloor, en Leeus is in Italië met 41-15 deur Benetton kafgedraf. Na afloop van die naweek se wedstryde is die Stormers boaan die punteleer met 14 punte, terwyl die Bulle na die sesde plek teruggesak het.