# Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Evan Roos speel Saterdag in Kaapstad sy eerste kragmeting van die seisoen vir die Stormers in die Kampioenebekerwedstryd teen Bristol Bears van Engeland. Hy keer terug ná ‘n agterkniesening-besering en vervang die beseerde Hacjivah Dayimani in die nommer-agt-trui. Die tuisspan spog met ‘n splinternuwe voorry in die beginspan, bestaande uit Vernon Matongo, JJ Kotzé en Sazi Sandi. Die Springbokke Sacha Feinberg-Mngomezulu en Cobus Reinach begin as die skakelpaar.
Rugby: Evan Roos speel hierdie Saterdag sy eerste wedstryd van die seisoen vir die Stormers