Skip to content

Rugby: Erasmus slaak ‘n sug van verligting na die oorwinning oor Skotland

# Rugby: Die Bokke se hoofafrigter Rassie Erasmus slaak ‘n sug van verligting na ‘n Springbok-span met baie veranderinge gesukkel het deur hul Nasieskampioenskap-wedstryd teen Skotland op Loftus. Terwyl die Bokke met 42-28 gewen het, sê Erasmus die span het gewys waar die gapings is en wat geleer moet word. Hy sê dit is baie lekkerder as jy wen en leer as wanneer jy verloor, en leer. Hy sê hulle het geweet samehorigheid sou ‘n probleem wees met 12 spelers wat minder as tien wedstryde elk in Bok-truie gespeel het.