Skip to content

Rugby: Erasmus sê dis belangrik om volgende geslag wêreldkampioene te vind

# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus is bereid om sommige wedstryde te verloor om sodoende die volgende geslag wêreldkampioene te vind. Die veelsydige Pieter-Steph du Toit, met 96 toetse op sy kerfstok, voer Saterdag ‘n relatief onervare span aan in die Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Skotland op Loftus. Erasmus en sy hulpafrigters glo, anders as ander lande, dat hulle meer leer van nuwelinge wanneer hulle hulle buiging maak in hoëdruk-wedstryde as in minder belangrikes. Hulpafrigter Duane Vermeulen beskou nie die tien veranderings aan die opdrafspan as ‘n risiko nie.