Skip to content

Rugby: Engelse losskakel Fin Smith fiks om teen Australië te begin in openingswedstryd van Nasiekampioenskap

# Rugby: Die Engelse losskakel Fin Smith fiks is verklaar om môre op Twickenham in die openingswedstryd van die Nasiekampioenskap teen Australië te begin, nadat hy ‘n kuitprobleem gehad het. Afrigter Steve Borthwick het vier veranderinge aangebring aan die beginspan wat Argentinië in Julie met 31-24 geklop het. George Furbank is op heelagter, en flank Ben Curry keer terug na toetsrugby ná hy vir 16 maande deur beserings geteister is. Fin Baxter begin as loskopstut in die plek van Ellis Genge, wat na die bank skuif, terwyl die slot Maro Itoje terugkeer om die span aan te voer.