# Rugby: ’n Vierde dyspierbesering vanjaar sal Engeland se beste skrumskakel, Alex Mitchell, uit dié maand se Nasieskampioenskap hou. Hy het die besering opgedoen terwyl hy vir Northampton teen Gloucester in die Engelse Premierliga gespeel het. Jack van Poortvliet sal waarskynlik in Mitchell se afwesigheid die nommer nege-trui dra, terwyl die afrigter, Steve Borthwick, ook Ben Spencer en Harry Randall kan oorweeg. Engeland speel die naweek tuis teen die Wallabies, gevolg deur wedstryde teen Japan en die All Blacks, voor die eindronde-naweek.
Rugby: Engeland verloor sy beste skrumskakel vir die Nasieskampioenskap