# Rugby: Die Leeus is die tweede agtereenvolgende keer uitgeskakel in die ronde van 16 nadat Edinburgh hulle Vrydagaand by die Hive-stadion met 24-12 verslaan het. Die gashere het in die eerste helfte drie drieë gedruk en die Leeus was teen rustyd 17-0 agter. Hulle het beter gevaar in die tweede helfte met ʼn drie deur Franco Horn en ‘n laat oorduik deur Jaco Visagie. Edinburgh sal nou kragte meet teen die wenner van vanmiddag se wedstryd tussen die Bulle en Bayonne.
Rugby: Edinburgh oorweldig Leeus in Uitdaagbeker