Skip to content

Rugby: Die Curriebeker-Premierafdeling skop vanaand in Mbombela af

# Rugby: Die Curriebeker se Premierafdeling skop vanaand sewe-uur af wanneer die Pumas die Griekwas verwelkom op die Mbombela-stadion in Mpumalanga. Môremiddag drie-uur speel die Leeus en die Haaie op Ellispark in Johannesburg, en twee uur later kom Westelike Provinsie op die Kaapstad-stadion te staan teen sy aartsvyand, die Bulle. Die naweek se laaste wedstryd begin Sondagmiddag drie-uur in Wellington tussen Boland en die Cheetahs. Die Haaie is die verdedigende kampioen.