Skip to content

Rugby: Crusaders wy nuwe permanente stadion in met ‘n wedstryd teen die Waratahs

# Rugby: Nieu-Seeland se Crusaders-span, gaan môre hul nuwe stadion in Christchurch inwy met ‘n Superrugby Pacific-wedstryd teen die Waratahs. Die Te Kaha-stadion is teen ‘n koste van 6,6-miljard-rand gebou om Lancaster Park te vervang, wat ernstig was tydens ‘n aardbewing in 2011 beskadig is. Die Crusaders is sedertdien sonder ‘n permanente tuisveld. Die nuwe stadion het ‘n dak wat toegeskuif kan word en bied sitplek vir 25-duisend toeskouers. Dit word verwag dat die stadion stampvol sal wees.