# Rugby: Die Vrystaatse Cheetahs se klinkende oorwinning van 87-5 oor Grens in KuGompo City (Oos-Londen) het hul veldtog weer aangevuur in die voorlaaste groepsronde van die SA-beker-kompetisie. Dit plaas hulle derde op die punteleer met 30 punte na Griekwas met 40 en die verdedigende kampioen, die Pumas, met 33. Die Pumas het die Boland Kavaliers gister in Mbombela 38-31 geklop in ‘n riller wat agt drieë opgelewer het. Die Pumas is nog op koers om ‘n tuishalfeindstryd te verseker wanneer hulle Vrydag hul laaste groepswedstryd teen die Griffons speel.
Rugby: Cheetahs terug in tel vir uitspeelrondes van die SA-beker