# Rugby: Die Vrystaat Cheetahs het die Haaie XV met 43-21 in ‘n tweede ronde Curriebeker-kragmeting gister in Bloemfontein verslaan. Die gashere het sewe drieë teen die besoekers se drie ingeryg vir ‘n bonuspuntoorwinning. Die vleuel Prince Nkabine het ‘n driekuns behaal met die veteraan Springbok skrumskakel Faf de Klerk wat nog twee vir die Vrystaters bygevoeg het. Die rustydtelling was 14-elk. Vamiddag pak die Leeus die Pumas op Ellispark om drie-uur, en die verdedigende kampioene, die Griekwas, kom net na vyfuur in Kimberley teen ‘n Bulle-15-tal te staan.
Rugby: Cheetahs oorheers Haaie XV in Curriebeker kragmeting