# Rugby: Die Cheetahs staan glo op die punt om kontrakte te onderteken met die veelsydige agterspeler Henry Immelman en die veelsydige voorspeler Simon Miller. Die 31-jarige Immelman het vyf jaar vir die Franse span Montpellier gespeel voor hy na Edinburgh in Skotland is. Hy het in 2023 by die Bulle aangesluit, maar sedertdien min speelkans gekry. Die 25-jarige Miller speel tans vir Shizuoka Blue Revs in Japan.
Rugby: Cheetahs gaan glo vir Immelman en Miller kontrakteer