# Rugby: Johan Goosen het 16 punte bygedra toe die Bulle die verdedigende kampioene, Glasgow Warriors, met 26-19 in Skotland verslaan het om in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap ʼn tuiswedstryd te verseker. Drie strafskoppe van Goosen het die besoekers teen rustyd ʼn geringe voorsprong gegee met Jamie Dobie wat ʼn drie vir die gashere gedruk het. Johann Grobbelaar en David Kriel het na rustyd drieë gedruk en die Bulle op die wenpad gesit. Kyle Steyn en Stafford McDowall het egter in die doodsnikke punte aangeteken en Glasgow bly in die tweede plek.
Rugby: Bulle verslaan verdedigende kampioene Glasgow Warriors in VRK