Skip to content

Rugby: Bulle verloor teen Edinburgh en is uit die Europese Uitdaagbekerreeks

# Rugby: Die Bulle het gistermiddag sy kans verspeel om deel te wees van die res van die Uitdaagbeker toe hulle hul kwarteindstryd teen Edinburgh met ‘n telling van 34-28 in die Skotse hoofstad verloor het. Die Bulle se terugkeer in die tweede helfte was net nie genoeg ná ‘n droewige eerste helfte nie. Die tuisspan het rustyd reeds met 24-7 voorgeloop. In gister se ander kwarteindstryde, het die Parys-gebaseerde Racing die Ierse span, Connacht met 43-40 geklop en Lyon het die Walliese Ospreys net-net met 20-18 die loef afgesteek.