Skip to content

Rugby: Bulle praat met Kubota Spears om Marx na Loftus te bring

# Rugby: Die Bulle will blybaar hulle haker-moontlikhede versterk deur die Springbok-veteraan Malcolm Marx uit Japan terug te lok. Die Pretoriase span praat met Kubota Spears, by wie hy in 2021 aangesluit het en glo gretig is om sy dienste te behou. Rapport berig die 32-jarige Marx oorweeg dit sterk om huis toe te kom, en het ook bande met die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, wat hom vroeër by die Leeus afgerig het. Hy het 135 punte vir Suid-Afrika aangeteken in 87 toetse sedert 2016.