Skip to content

Rugby: Bulle kies grofgeskut vir kragmeting teen Edinburgh

# Rugby: Die Bulle het besluit om hulle eie grofgeskut in te span vir vanmiddag se Uitdaagbeker-kwarteindwedstryd teen Edinburgh met nie minder nie as ses Springbokke op hul bank. Die Bulle hou by die tradisionele vyf-drie-verdeling, maar het ʼn goeie aantal Bokke in hul geledere om die tempo in die laaste kwart van die wedstryd op te stoot. Hulle glo dis presies waar hulle beheer oor die wedstryd moet neem om ʼn plek in die halfeindronde te verseker. Afskoptyd is half twee Suid-Afrikaanse tyd.