Skip to content

Rugby: Bokke druk agt drieë in oorwinning oor Barbarians in Kaapstad

# Rugby: Die Springbokke het weereens bewys hoekom hulle die heersende wêreldkampioen is toe hulle die Barbarians oortuigend met 54 – 7 op ‘n nat veld in Kaapstad geklop het en in die proses agt drieë gedruk het. Die Bokke het van die begin af oorheers met Malcolm Marx wat binne die eerste vyf minute oorgeduik het. Nog sewe drieë het gevolg, twee deur die nuweling-voorspeler Vincent Tshituka. Sacha Feinberg-Mngomezulu het twee drieë verdoel en Manie Libbok vyf. Heelagter Malcom Jaminet het vir die Barbarians ‘n drie gedruk en verdoel. Cheslin Kolbe is as man van die wedstryd aangewys.