# Rugby: Die Springbok-skrumskakel Morné van den Berg is terug vir die Leeus in vandag se Verenigde Ruygbykampioenskaps-wedstryd op Ellispark teen Glasgow Warriors, wat boaan die punteleer is. Hy is amper ‘n maand gelede teen Edinburgh beseer. Die voormalige Blitsbok-ster JC Pretorius is ook terug en op die bank. Die Leeus is tans vyfde op die punteleer met drie groepwedstryde oor na vandag, en het steeds ‘n goeie kans om onder die top-agt te eindig en vir die kwarteindronde te kwalifiseer.
Rugby: Bok-skrumskakel Van den Berg terug vir die Leeus na ‘n besering