# Rugby: Die Springbok-haker Malcolm Marx is op pad na Pretoria. Die Bulle het bevestig hulle het die huidige wêreldspeler van die jaar gekontrakteer. Marx het verlede week aangekondig dat hy Japan middel volgende jaar gaan verlaat. Die 32-jarige Marx sal herenig word met afrigter Johan Ackermann, wat vroeër sy mentor was by die Leeus. Hy het in 94 toetse vir Suid-Afrika 29 drieë gedruk – die meeste deur enige Bok-voorspeler. Ackermann sê dis ’n groot eer dat ’n speler van Marx se gehalte hom tot die Bulle verbind het.
Rugby: Bok-haker Marx sluit by die Bulle aan