# Rugby: Die Springbok-haker Malcolm Marx het bevestig hy keer terug na Suid-Afrika wanneer sy kontrak met Kubota Spears die einde van die seisoen verstryk, met ‘n skuif na die Bulle ‘n moontlikheid. Die wêreldspeler van die jaar het in 2021 by die Japannese klub aangesluit nadat hy sedert 2014 vir die Leeus gespeel het. Hy het 205 punte aangeteken in 68 wedstryde vir Kubota. Die 32-jarige Marx sê hy het die moeilike besluit geneem om terug te keer weens gesinsverpligtinge en beskryf sy tydjie in Japan as uiters waardevol.
Rugby: Bok-haker Marx bevestig hy keer terug na Suid-Afrika