# Rugby: Die Blitsbokke kom vanmiddag teen Brittanje te staan in hulle eerste groepswedstryd van die Sewes-Wêreldkampioenskapstoernooi in Bordeaux, Frankryk. Hulle volgende wedstryd is vanaand teen Kenia, en dan môre teen Fidji. Suid-Afrika is tans bo-aan die punteleer na hulle die eerste toernooi in Hongkong gewen en verlede naweek die eindstryd gehaal het in Valladolid, Spanje. Die reeks-kampioen word Sondag gekroon, met die Blitsbokke wat net die eindstryd moet haal om die titel in te palm.
Rugby: Blitsbokke pak Brittanje, Kenia en Fidji in groepswedstryde in Bordeaux