Skip to content

Rugby: Blitsbokke pak Brittanje, Kenia en Australië in Groep A in Valladolid

# Rugby: Die Blitsbokke pak Brittanje, Kenia en Australië in die groepfase van die naweek se Wêreldkampioenskaps-toernooi in Valladolid, Spanje. Suid-Afrika was verlede maand in Hongkong die wenner van die eerste van drie toernooie. Die laaste geleentheid vind vroeg volgende maand in Bordeaux, Frankryk, plaas wanneer die algehele wenner gekroon sal word. Die Blitsbokke kom Vrydagmiddag 12:30 in die eerste wedstryd teen Brittanje te staan, gevolg deur Kenia net na 5 die middag en Australië Saterdagmiddag half-twee.