Skip to content

Rugby: Blitsbokke in 9de plek na verbete stryd teen Kenia by Hongkong Sewes

# Rugby: Die Blitsbokke het vanoggend daarin geslaag om Kenia met 19-17 te by die Hongkong Sewes te klop, wat hulle ‘n die algehele 9de plek vir die toernooi gelaat het. Die telling was met rustyd 12-elk. Suid-Afrika se punte het gekom deur drieë van Shilton van Wyk, Gino Cupido en Siviwe Soyizwapi. Ricky Duartee en Dewald Human het doelskoppe aangeteken. Suid-Afrika is vierde op die internasionale sewes-leer, met 62 punte, terwyl Argentinië, die voorlopers, 68 punte het, gevolg deur Spanje met 64 en Fidji in die derde plek.