# Rugby: Die Blitsbokke is deur na die eindstryd van die Wêreldsewestoernooi in Valladolid in Spanje nadat hulle Argentinië in ‘n opwindende halfeindstryd met 19-7 geklop het. Hulle sal nou later vanmiddag teen Australië in die eindstryd te staan kom. Suid-Afrika het Vrydag hul veldtog begin deur Brittanje met 17-12 te klop, maar is 24-14 deur Australië geklop. Hulle het Kenia gister met 14-0 verslaan en Spanje gister in die kwarteindronde net-net met 14-12 geklop. Die eindstryd begin vanmiddag om 4:26.
Rugby: Blitsbokke deur na eindstryd van die Wêreldsewes-toernooi in Spanje