Rugby: : Die Blitsbokke is deur na die halfeindronde van die Wêreldkampioenskap-sewestoernooi in Los Angeles nadat hulle al hul Groep A-wedstryde gewen het. Philip Snyman se spelers het hul veldtog gister met ‘n oorwinning van 19-10 oor Frankryk afgeskop en toe vir Groot-Brittanje met 12-7 geklop voordat hulle die ligawenners, Argentinië, in die Dignity Health-stadion met 29-21 getroef het. Hulle speel volgende teen hul aartsvyand, Nieu-Seeland, wat gelykop was met Australië met sewe elk, maar deurgedring het danksy ‘n beter punteverskil.
Rugby: Blitsbokke deur na die halfeindronde van die Sewes-Wêreldkampioenskap