Skip to content

Rugby: Beserings en siekte dwing Leeus om verskeie veranderings te maak vir Boland kragmeting

# Rugby: Die onoorwonne Leeus moes weens beserings en siekte verskeie veranderings aan hulle span aanbring vir môre se Curriebeker-kragmeting teen die Boland in Wellington. Die losskakel Lubabalo Dobela het griep en is vervang met Kade Wolhuter; Dylan Sjoblom vervang die beseerde Darrien Landsbeg as slot en die vleuel Rabz Maxwane wat met ‘n gewrigbesering sukkel, word deur Kelly Mpeku vervang. Die Leeus is tweede op die punteleer, na die Bulle, gevolg deur die Cheetahs, Pumas, Boland, Griekwas, Westelike Provinsie en Haaie.