# Rugby: Die Nieu-Seelander Jorja Miller, Megan Jones van Engeland en die Kanadees Sophie de Goede is benoem vir vrouespeler van die jaar. Hulle kry erkenning vir hul wêreldgehalte-prestasies die afgelope seisoen. Intussen is Miller, Josifini Neihamu van Fidji en Braxton Sorensen-McGee van Nieu-Seeland benoem as die 15’s se deurbraakspeler van die jaar. Die wenners, insluitend dié van afrigter, skeidsregter en drie van die jaar, word Saterdag op Twickenham tydens die trofee-oorhandiging ná die Vroue-wêreldbekereindstryd aangekondig.
Rugby: Benoemings vir Vroue-15-speler en Deurbraakspeler van die Jaar aangekondig