Skip to content

Rugby: All Blacks werk hard om uiteindelik vurige Stormers te oorwin

# Rugby: Die Stormers het gisteraand in ‘n volgepakte Kaapstad-stadion moedig teruggeveg teen die All Blacks in die openingswedstryd van die Rugby’s Great Rivalry-toer maar uiteindelik die kragmeting met 38-21 verloor. Die rustydtelling was 14-7 in die besoekers se guns. Die Stormers kon hul man staan in die vaste fasette van die spel, maar uiteindelik stoom verloor teen ‘n meedoënlose Nieu-Seeland-span wat ses drieë teenoor die Stormers se drie gedruk het. Die All Blacks se volgende wedstryd is Dinsdag teen die Haaie in Durban.