Skip to content

Rugby: All Blacks se afrigter beskou reeks teen Bokke as moeiliker as Wêreldbeker

# Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, beskou die komende reeks teen die Springbokke as baie moeiliker as ‘n Wêreldbekertoernooi. Hy sê in ‘n Wêrelbeker wissel die krag van die teenstanders aansienlik, terwyl hulle teen Suid-Afrika elke keer teen dieselfde sterk teenstander speel. Die twee lande kan in die kwarteindronde van volgende jaar se toernooi in Australië ontmoet. Rennie sê die gebruik van feitlik al sy spelers in die vooraf-wedstryde was goeie voorbereiding vir Saterdag se eerste toets op Ellispark.