Skip to content

Rugby: All Black-senter Quinn Tupaea verleng sy kontrak tot 2027 se Wêreldbekertoernooi

# Rugby: Die All Black-senter Quinn Tupaea het sy kontrak met die Nieu-Seelandse Rugbyunie en Chiefs tot einde 2027 verleng. Die 26-jarige het vanjaar ‘n uitstekende Superrugby Pacific-veldtog agter die rug wat daartoe gelei het dat hy die eerste keer sedert 2022 na die nasionale span opgeroep is. Die All Blacks se oorwinning van 24-17 Saterdag oor die Springbokke op Edenpark waarin Tupaea ‘n drie gedruk het, was sy 18de toets. Hy sê hy is opgewonde om sy loopbaan op klub- en nasionale vlak voort te sit.