Skip to content

Rugby: All Black-afrigter stel 16 spelers vry vir hulle provinsiale spanne

# Rugby: Die All Blacks se hoofafrigter, Scott Robertson, het 16 spelers na hulle provinsiale spanne teruggestuur voor die twee Rugbykampioenskap-tuistoetse teen die Springbokke. Nie een van hulle het vir Nieu-Seeland gespeel in verlede naweek se nederlaag teen die Pumas nie. Robertson het die blye nuus gekry dat die sleutelspeler Anton Lienert-Brown terugkeer na die veld nadat hy die tweede toets teen Argentinië weens harsingskudding misgeloop het. Suid-Afrika en Nieu-Seeland speel volgende naweek in Auckland en die week daarna in Wellington.