Skip to content

Rugby: Ackermann sien uit na die Bulle se kragmeting met All Blacks

# Rugby: Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, sê hulle kragmeting met die All Blacks sal die perfekte voorbereiding wees vir hulle seisoen. Nieu-Seeland skop volgende Vrydag sy toer in Kaapstad af teen die Stormers en pak die Bulle op 15 Augustus in Pretoria. Ackermann sê dié wedstryd het veroorsaak dat hulle hul voorbereidings vir die Verenigde Rugbykampioenskap moes aanpas om te verseker dat hulle gereed is vir die All Blacks. Hy sê die wedstryd sal ‘n ondervinding van onskatbare waarde wees, veral vir die jonger spelers.