# Rugby: Die veteraan Australiese stut James Slipper gaan na verwagting sy uittrede omkeer om die Wallabies in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in sy land te verteenwoordig. Die 37-jarige het in Oktober verlede jaar uitgetree na sy 151ste toets – die meeste ooit vir die land. Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, het Slipper glo oortuig om terug te keer na ‘n briljante Superrugby-veldtog vir die Brumbies en terwyl die Wallabies ‘n voorry-beseringskrisis ondervind. Hy sal na verwagting ingesluit word in die groep vir die Nasieskampioenskapstoetse teen Ierland, Frankryk en Italië.
Rugby: 37-jarige Slipper gaan na verwagting sy uittrede omkeer en weer vir die Wallabies speel