# RISE Mzansi sê Suid-Afrika kan nie ‘n verenigde nasie bou terwyl hulle worstel met swak leierskap, georganiseerde misdaad, geslagsgeweld, honger, werkloosheid en mislukte munisipaliteite nie. RISE Mzansi-leier, Songezo Zibi, voer aan dat die nasie, ten spyte van die land se ryk diversiteit en erfenis, steeds ondermyn word deur ‘n swetterjoel krisisse. Zibi doen ‘n beroep op visionêre leierskap, verantwoordbaarheid, die bekamping van korrupsie, die beëindiging van sistemiese rassisme, die voorsiening van hulpbronne aan die regstelsel en die bevordering van onderwys en sport. Hy het beklemtoon dat ware nasiebou optrede vereis wat verder strek as simboliese gebare.
RISE Mzansi waarsku SA staar vele krisisse in die gesig wat nasiebou bedreig