Skip to content

RISE Mzansi sê GCIS moet sentraal staan in die stryd teen waninligting

# RISE Mzansi het sy gewig agter die begroting van die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel gegooi en gesê dit moet die middelpunt wees in die lewering van akkurate regeringsinligting. Die leier van RISE Mzanzi, Songezo Zibi, het tydens die begrotingsdebat die ineenstorting van tradisionele media en die toename in waninligting benadruk. Hy het die GCIS aangespoor om sosiale media as noodsaaklike platforms te beskou en voorgestel tegnologiereuse soos Meta en Google moet ‘n heffing betaal om burgerlike opvoeding en feitekontrole-instrumente te befonds.