# RISE Mzansi het president Cyril Ramaphosa versoek om beslissende besluite te neem rakende bewerings wat deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, gemaak is. Ramaphosa sal na verwagting vanaand die land toespreek oor sake van nasionale veiligheid na aanleiding van bewerings van politieke inmenging deur die polisiebestuur en polisieminister Senzo Mchunu. RISE Mzansi se sweep in die Nasionale Vergadering, Makashule Gana, eis ‘n kommissie van ondersoek en ferm uitvoerende optrede. Hy waarsku nasionale veiligheid is in gedrang: