Skip to content

Reuse-daggabesending van R11-miljoen in Limpopo onderskep

# Operasie Shanela Twee in Limpopo het gelei tot die beslaglegging op dagga ter waarde van elf-miljoen-rand en die inhegtenisneming van drie verdagtes in Hoedspruit. Polisiewoordvoerder Malesela Ledwaba sê die verdagtes word verbind met dwelmsmokkelary. Hy sê operasionele spanne het patrollies gedoen in drie dorpe, op tien plase, ‘n lughawe, vier bankondernemings en ses kitsbanke as deel van voortgesette misdaadvoorkoming- en sigbaarheidsoperasies. Provinsiale kommissaris, Thembi Hadebe, het die polisie en Plaaswag geprys en sê die beslaglegging beklemtoon die waarde van vennootskappe.