# Die Vereniging vir Jong Beroepslui in die Kernbedryf verwelkom die bekendstelling van die Bygewerkte Geïntegreerde Hulpbronplan. Die IRP herbevestig die land se verbintenis tot ‘n volhoubare en inklusiewe energie-toekoms en een wat kernenergie as ‘n noodsaaklike pilaar integreer om ‘n lae-koolstof ekonomie te bereik. Emmanuel Montwedi van die vereniging sê kernkrag verskaf bestendige basiskrag […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hy is gewillig om as bemiddelaar op te tree in die voortslepende geskille wat die Landbou- en Landbouverwerkingshoofplan betref. Boere is woedend omdat die plan agter hulle rug onderteken is sonder dat enige van hulle voorleggings en bekommernisse in ag geneem is. Hulle grootste probleem is dat winsgewendheid, volhoubaarheid en […]
# Die landbouorganisasie TLU SA verwelkom die hernude openbare bespreking oor die ware gelykheid en inklusiewe ekonomiese groei. Dit volg na die DA begin het om druk uit te oefen vir die vervanging van die swartbemagtigingsbeleid deur die instelling van die Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal. Die party sê die wetsontwerp sal armoede teiken […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se ekonomiese en morele krisis word blootgelê deur twee kommerwekkende syfers. Daar is maatskappye, uitgesonderd dié in die finansiële sektor, wat ‘n rekord 1,8-duisend-miljard-rand in kontant hou. Dit terwyl 21-persent van kinders in die land onder vyf jaar weens wanvoeding belemmer word. John Endres van die instituut sê […]
# The agricultural organisation TLU SA says it welcomes the renewed public discussion about true equality and inclusive economic growth. This comes as the DA is pushing to replace the Black Economic Empowerment policy by introducing the Economic Inclusion for All Bill. The party says the bill would target poverty as the proxy for disadvantage […]
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê klimaatsfinansiering bly die kern van betekenisvolle aksie. Lande wat die minste ontwikkel is, is volgens kenners onder dié wat die meeste blootgestel is aan toenemende klimaatsrisiko’s al dra hulle die minste daartoe by. George sê nasies met ontwikkelende ekonomieë het beter, voorspelbare en […]
# Die UDM het aan die parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge geskryf om munisipaliteite se toenemende besteding op watertenkwa-dienste dringend te ondersoek. Die Stad Tshwane het onder skoot gekom nadat 777-miljoen-rand volgens berigte aan watertenkwaens bestee is in die boekjaar wat in Junie 2025 geëindig het. UDM-woordvoerder Thandi Nontenja sê hulle het toenemende bewyse […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hulle verwelkom met versigtigheid die pogings van die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, om korrupsie in die land se gesondheidstelsel uit te roei. ‘n Ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid het onlangs aan die lig gebring dat die Tembisa-hospitaal in Gauteng twee-miljard-rand verloor het weens beweerde tenderbedrog en onreëlmatighede. Claude […]
# Die GOOD-party sê die instelling van beleide oor Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging moet herstel en versterk word met maatreëls om korrupsie te beperk. Dit volg nadat die DA ʼn wetsontwerp op ekonomiese bemagtiging voorgestel het wat ras as bepalende faktor verwyder en met ʼn behoefte-gebaseerde benadering vervang word. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê […]