# Die Nasionale Vervolgingsowerheid se Batebeslagleggingseenheid het ‘n beslagleggingsbevel van 144-mijoen-rand van die Hooggeregshof in Pretoria verkry om grond te herwin wat van die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling gesteel is. Die bevel volg na ‘n ondersoek deur die Valke se Spesiale Ondersoekeenheid. Lumka Mahanjana van die NVG sê verskeie eiendomme, insluitend die 130-miljoen-rand […]
# Die DA doen ‘n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, om die afgradering van Taiwan se skakelkantoor in Pretoria om te keer. Die party sê Taiwan het uitvoere van sy halfgeleierskyfies na Suid-Afrika beperk, ‘n stap wat die vervaardigingsektor, veral die motor- en inligtingstegnologiebedrywe, kan vernietig. Die DA-lid, Ryan […]
# Die Gautengse Verkeerspolisie het die publiek versoek om padveiligheid op Erfenisdag voorop te stel. Die woordvoerder, Sello Maremane, sê motoriste word in die lig van die verwagte verkeerstoename gevra om nie te bestuur wanneer hulle gedrink het nie, om spoedgrense te gehoorsaam en te sorg dat hul voertuie padwaardig is. Wetstoepassingsagentskappe sal ‘n sterk […]
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het die adjunk-nasionale polisiekommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, ondersteun in sy poging om beheer oor alle polisiedossiere te neem. Masemola het by die Madlanga-kommissie in Pretoria getuig en sê dié inmenging het behoorlike toesig belemmer en die ondersoek na politieke moorde en […]
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, beskryf die ontbinding van die taakspan oor politieke moorde as ‘n poging om ondersoeke na misdaadsindikate te stuit. Masemola het in Pretoria aan die Madlanga-kommissie gesê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se besluit was irrasioneel en polities gemotiveerd. Hy het dit verbind met verlede jaar se klopjag op […]
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola bevestig dat 121-dossiere van die taakspan oor politieke moorde aan die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria beskikbaar gestel sal word wanneer dit benodig word. Volgens Masemola het die dossiere spanning veroorsaak by die waarnemende minister van Polisie, Feroz Cachalia, wat besorg was dat hulle terugkeer die kommissie se werk […]
# National police commissioner Fannie Masemola says the disbandment of the political killings task team was an attempt to stop investigations into criminal cartels. Masemola told the Madlanga commission in Pretoria that Police minister Senzo Mchunu’s decision was irrational and politically motivated. He linked it to last year’s raid on businessman Vusimuzi “Cat” Matlala’s home […]
# Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê die taakspan vir politieke moorde het kragtige misdaadsindikate ontbloot, wat deur senior polisiebeamptes beskerm is. Masemola het aan die Madlanga-kommissie in Pretoria gesê die eenheid se ondersoeke het aan die lig gebring hoe georganiseerde netwerke met behulp van hooggeplaaste amptenare in wetstoepassing gewerk het. Hy sê die bevindings […]
# Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het die noodsaaklikheid beklemtoon dat slagoffers se regte teen gevangenes se rehabilitasie en herintegrasie opgeweeg word. Dit volg terwyl afgevaardigdes by die Nasionale Paroolberaad in Pretoria die huidige paroolwetgewing bespreek. Dit sluit in verouderde hand- datastelsels en agterstande as groot struikelblokke. Groenewald het die noodsaaklikheid beklemtoon dat […]